Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780620985680 | Published: December 15, 2021 | Paperback

Op die nerf af

Op die nerf af

Regular price R 240
Regular price R 0 Sale price R 240
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Die meeste gedigte in hierdie bundel het ontstaan nadat Anita van der Walt ses weke in ’n hoësorgeenheid op ’n ventilator in ’n medies geïnduseerde koma gehou is ná breinbloeding. Later van tyd het sy haar oë oopgemaak … en nog ’n bietjie later kon sy huis toe gaan. Sy kyk as ’t ware met nuwe oë na die wêreld. Die gedigte getuig van verwondering oor die skoonheid van die lewe en die natuur. Sy skryf sowel beeldryke vrye verse as gedissiplineerde haikoes en tankas. Elke gedig is ’n verkenning en besinning in die kleine. Op die nerf af is ’n waardige vervolg op haar debuutbundel, Hierdie Maandag is abstrak van 2020.

View full details