ISBN: 9780624039334 | Published: July 21, 2004 | Paperback
Woordreise
Woordreise
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Reise kan soms net los oomblikke van belewing wees. Dis die verbande tussen die momente wat van 'n reeks ervarings 'n reis maak - 'n deurlopende belewing van ontdekking en verrassing, die prikkeling van nuutheid, die raakloop van bekendes. Hierdie titel is nie anders nie. Woorde as momente van taalbelewing maak sin in die verband van ander woorde. Maar dis lesers op hulle leestog wat woord met woord skakel. Die lees van 'n gedig is nie 'n passiewe ervaring nie; dis 'n ontdekking, 'n waagstuk, 'n herskepping en 'n belewing - 'n woordreis. 'almal is important', lui die titel van die eenheid in die titel met gedigte oor mense. Dit kan ook gese word van die gedigte in hierdie titel: almal is important. Elke gedig is sorgvuldig gekies en het 'n spesifieke tuiste in die eenheid gekry. Lees gerus die bundel, of ten minste eenhede, van voor tot agter deur. 'n Verdere uitnodiging: lees die gedigte hardop.
Author A.L. Vermaak
Author K. de Wet
Author L. Olivier
Author H. Viljoen
Author H. Snyman
Illustrator Alida Bothma
Share
