Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780624041672 | Published: June 1, 2002 |

Toorberg (5)

Toorberg (5)

Author:RAPPORT100
Regular price R 350
Regular price R 0 Sale price R 350
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

RAPPORT TOP 100 - NOMMER 5

Dit was nog nie behoorlik dag nie toe Kaatjie Danster, haastig op pad Halte toe, die kind van die weemoed in die voetpaadjie voor haar gewaar. Tjoepstil het hy gestaan en luister na die wind. Sy het dadelik geweet: Druppeltjie du Pisani, kind van Waterwyser du Pisani en KênsTillie Moolman, het die lewe vir die dood verruil.

Maar hoe Druppeltjie onder in die boorgat beland het, dit weet niemand nie. En die af-arm magistraat wat nóú, veertien maande later, kom ondersoek instel na die oorsaak van sy dood, torring verniet aan dinge wat verby is. Want Toorberg se mense - die lewendes en die dooies - ken van geheime wegbêre. Net oor een ding het magistraat van der Ligt dit reg: hoe meer getuies daar is, hoe verder wyk die waarheid.

View full details