ISBN: 9780624043898 | Published: May 1, 2006 | Paperback
Mahala (23)
Mahala (23)
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
RAPPORT TOP 100 - NOMMER 23
Nege jaar lank het Delport vir hom weggekruip. Maar toe, een laatmiddag in Caipemba, het Malia Domingo opgedaag.
Vir Delport was sy 'n vreemdeling en hy wou haar afgeskud kry, maar sy het iets van Ritter met haar saamgebring - sy gesig, in die vorm van 'n masker. Of was dit nie regtig Ritter se gesig nie?
Rondom die vae herinneringe van 'n moord het Chris Barnard 'n roman gebou - 'n roman wat sy vertrekpunt het in die soort situasie wat gewoonlik by 'n populêre spanningsverhaal tuishoort. Maar die wyse waarop hy hierdie situasie hanteer en benut, laat dit ontplooi tot veel méér: dit word 'n speurtog na die hoe en die waarom van die syn.
Share
