ISBN: 9780624046677 | Published: June 1, 2017 | Paperback
Franse briewe: pos uit Provence
Franse briewe: pos uit Provence
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Dis somer in Provence - en soos elke somer word al die poskaartprentjies oornag lewend. Lappe laventel so pers dat dit lyk asof derduisende botteltjies kristalviolet per ongeluk uit 'n vragvliegtuig geval het.
Goudgeel sonneblomme net waar jy kyk, asof jy pens en pootjies binne-in 'n Van Gogh-skildery beland het. Maar help! Terselfdertyd het 'n bende misdadigers op Marita se Provençaalse dorpie toegesak! Haar motor word nie net gesteel nie, maar onherstelbaar verniel. En moleste met motors is maar een van die, noem dit maar 'interessante', aspekte van haar idilliese bestaan. Daar is ook nog huismoleste, kultuurskokke, ouderdom en ander meer tipies Franse vlieë in die salf soos skoolgaan in Frankryk.
Haar boek met kort sketse gaan eintlik oor die vrese en vreugdes van bestaan: oor Franse mans se waardering vir ouer vroue en vroue se vrees vir muise. Oor 'n Afrikaanse vriendin in Frankryk en skuldgevoelens oor die skade aan die omgewing. En oor hoe sy in te midde van tipies Europese Kersvieringe meteens oorweldig word deur 'n verskriklike verlange na die sweterige 'kamma-Kersfeeste' van haar kinderdae.
Author Marita van der Vyver
Share
