Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780624046837 | Published: December 1, 2008 | Soft Cover

Die boek van Ester

Die boek van Ester

Regular price R 395
Regular price R 0 Sale price R 395
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

As politieke fotojoernalis het Ester Green al met baie verskillende fasette van die lewe in aanraking gekom, en het sy in ‘n huis grootgeword waar sy geleer het die pen is ‘n magtige wapen. Sy is die dogter van Leon Green, ‘n Jood wat as jong man Suid Afrika toe gekom het en later een van die suksesvolste redakteurs van ‘n dagblad in die land geword het. Alles wat sy geleer het en alles waarin sy geglo het, word egter in een aand omvergewerp toe haar ouers buite hulle huis doodgeskiet word deur lede van ‘n sindikaat wat deur Leon se koerant ondersoek is.
Ester pak na die begrafnis haar tasse en trek Londen toe waar sy ‘n vryskut mode-fotograaf word. Sy verander haar klere, haar haarstyl en haar leefwyse en beplan om nie weer haar voete op die Afrika kontinent te sit nie.
Twee jaar nadat sy die land verlaat het, bevind sy haar egter terug in Suid-Afrika. Hier ontmoet sy vir Samuel McGreggor wat betrokke is by ‘n verskeidenheid bewaringsorganisasies.Samuel is onlosmaaklik deel van die kontinent en glo dat daar genoeg mense is wat ‘n verskil wil maak.

View full details