Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780624052555 | Published: October 1, 2012 |

Die laaste Afrikanerleiers

Die laaste Afrikanerleiers

Regular price R 475
Regular price R 0 Sale price R 475
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Gerespekteerde historikus Hermann Giliomee volg die weë van vyf van die mees invloedryke Afrikanerleiers.

Vir hierdie boek het hy met talle rolspelers onderhoude gevoer. Baie van hulle is nou bejaard, en wil graag hul ervarings deel, soms vir die eerste keer. Die boek gee dus 'n totaal nuwe blik op die binnewerkinge en denke van die regering tydens apartheid.

Giliomee probeer om nie te verdoem nie (want verdoem is maklik, sê hy) maar om te verklaar. Hoe het dit gebeur dat gerespekteerde leiers vir soveel jaar so 'n onderdrukkende stelsel kon handhaaf?

Die lewens, voorstelle en keuses van Hendrik Verwoerd, John Vorster, PW Botha, Frederik van Zyl Slabbert en FW de Klerk word in diepte bespreek - met soms verrassende en onvoorspelbare nuwe insigte. So bespreek Giliomee die moontlikheid dat Verwoerd self ironies genoeg deur sy onderwyswette die doodskoot aan apartheid toegedien het. Hy vertel hoe Vorster homself as keiser van sy eie ryk beskou het, hoe Botha weens 'n verswygde eerste beroerte aan oordeelsvermoë ingeboet het en hoe die Rubicon-gebeure eintlik op 'n misverstand berus het. In die laaste hoofstukke bekyk hy FW de Klerk wat as Dopper 'n morele raamwerk probeer volg het, maar tog ook sy eie blindhede gehad het.

Stimulerende eietydse geskiedenis uit die hoogste rakke.

View full details