ISBN: 9780624053552 | Published: November 1, 2011 |
Sterre is vir ewig
Sterre is vir ewig
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Dit het alles begin met 'n waterpyp wat die nuwe buurman in sy tuin raakgespit het terwyl Erin besig was om haar hare te kleur. Die gebleikte haardos was 'n ramp en haar eerste ontmoeting met Francois 'n fiasko. Die vlaswit hare kon sy mettertyd aanvaar. Maar die skade wat die verleidelike Bolander met die kwiksilwer oë aan haar hart veroorsaak het, was onherroeplik.
Sy weet hy's 'n rokjagter en 'n meisie-morser; sy weet sy moet hom uit haar lewe sny. Maar 'n verraderlike hart laat hom nie voorskryf nie, selfs nie eens toe Erin se kleinsus, Lara, aankondig Francois is háár trouman nie. Erin se hart is verskeur en sy probeer Lara desperaat waarsku: Francois het 'n vrou en kind. Maar kleinsus is 'n hardkoppige tiener en min lus vir raad, en die liefde is nie 'n paar skoene wat jy kan uitskop as dit nie pas nie . .
Author Ettie Bierman
Share
