ISBN: 9780624054467 | Published: July 1, 2012 |
Om die gedagte van geel
Om die gedagte van geel
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Van een van die voorste digters in Afrikaans kom hierdie baie ongewone bundel. Dit is gewy aan die son, wat hier in die verskillende gele van aarde en hemel besing word as die bron van lewe. Dit begin met 'n songeel landskapskildery waarop sewe telefoonpale voortstap, en waaier daarvandaan uit asof dit sewe aparte verhale uit die digter se lewe en reise op aarde vir die leser laat oopvou.
Aan die een kant skakeer die geel uit na wit - hoofsaaklik van die maan - en aan die ander kant na die rooi van vuur, lawa, orkane en tsoenami's. Die deurlopende tema is lewe en verlies; verlies en lewe.
Die gedigte praat, soms met ontstellende direktheid, oor die ervaring van vroue op ver plekke - in antieke Griekeland, Afganistan, Meksiko, Tibet, Rusland en Malta - maar kom elke keer weer tuis by die graanwêreld van die Overberg waar die digter, soos sy self sê 'in die geelte van graan gebore is, en weer daar sal gaan lê'.
Author Petra Müller
Share
