Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780624054979 | Published: June 1, 2013 |

Die bleek man op my hakke: 'n skisofreen vertel

Die bleek man op my hakke: 'n skisofreen vertel

Regular price R 245
Regular price R 0 Sale price R 245
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

'n Hoogswanger vrou stort in 'n koffiewinkel in duie, en word daarna wakker van die verskriklikste pyn. Sy lê op 'n hospitaalbed, langs haar die man met die strepieshemp wat sy in die koffiewinkel herken het voordat sy inmekaar gesak het. Hy is besig om haar ongebore kind stuk vir stuk uit haar te sny...

Maar niemand weet hiervan behalwe Harriet nie. Niemand hoor ook die stemme wat so duidelik in haar kop praat nie. Niemand weet dat sy nie eers kan bad nie omdat haar bad voortdurend vol bloed is ... en tog is dit alles vir Harriet die allerverskriklikste werklikheid.

Niemand weet van Harriet Christou se lewe met skisofrenie nie, trouens, dit is een van die mees verborge aspekte van menswees in die algemeen. In hierdie aangrypende boek vertel sy 'n uiters sonderlinge verhaal, en sy vertel dit onverskrokke en openhartig.

Dit is 'n onthutsende verhaal. Skokkend. Maar ook 'n verhaal van volharding, hoop, menslikheid en begrip vir die kompleksiteit en broosheid van die menslike lewe.

View full details