ISBN: 9780624055105 | Published: February 1, 2013 | Paperback
Danda
Danda
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Danda (Daniel Daneel) vertrek sonder die medewete van sy pleegouers met sy tuisgemaakte vlot, sy nagapie, kraai, ratel en hond om sy pa in 'n ver hawe te gaan soek. Op die avontuurreis kom hy byna om in stormwater, verloor sy vlot, raak beseer, en loop boonop die uitgeslape leegleer oom Sarel Vetvoet raak. Ook krokodille en seekoeie word 'n bedreiging. Die troeteldiere en Vetvoet sorg vir humoristiese afwisseling. Danda maak ook kortstondig kennis met die Portugese meisie Rosina. Die motief van natuurbewaring teen die agtergrond van 'n subtropiese wereld in Afrika is sterk aanwesig. (Uittreksel uit Gretel Wybenga se artikel oor Chris Barnard in Van Patrys-hulle tot Hanna Hoekom).
Author Chris Barnard
Share
