Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780624057703 | Published: June 1, 2013 |

Sluimerliefde

Sluimerliefde

Regular price R 100
Regular price R 0 Sale price R 100
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Karli en Henk was aanvanklik beste maats toe sy by hom 'n kamer gehuur het. Maar skielik het hy stringe meisies begin huis toe bring, en boonop het hy en Karli stry gekry omdat hy rojaal leef en Karli gewoond is aan versigtig wees. Sy het uitgetrek en self 'n aanhangsel gekry, maar die naweek in Golden Gate was lankal beplan. Nou moet Henk se nuutste meisie, Anchen, en Karli se vatterige Maritz noodgedwonge saam op die naweek. Van die eerste sekonde maak alles wat Anchen en Maritz doen Karli heeltemal mal. Maritz klou en koer aaneen en Anchen doen dieselfde met Henk - wat sien hy tog in haar! Die naweek by Golden Gate raak 'n nagmerrie, met Maritz se vuil streke, bobbejane wat verwoesting saai en Anchen se mislikheid met Karli. En Henk vang boonop dinge met Karli aan wat haar laat dink hy moet 'n player wees, al geniet sy dit hóé. Terug in Gauteng lyk dit asof hul vriendskap gekelder sal word deur Anchen. En hoekom, hoekom kry Karli dit tog nie reg om die vreemde gedagtes en drome oor Henk uit haar kop te sit nie? Hy's haar goeie vriend en boonop 'n rokjagter . .

Author Susan Pienaar

View full details