Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780624058755 | Published: May 1, 2013 |

Sonder Chocolate Charlie

Sonder Chocolate Charlie

Regular price R 165
Regular price R 0 Sale price R 165
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Nell woon op die plaas Solitaire in die Sederberg saam met haar hele uitgebreide familie van perdemense wat 'n topperdestoet bedryf. Sy het 'n paar maande vantevore 'n aaklige ongeluk met haar perd, Chocolate Charlie, gehad en dié moes uitgesit word. Sy kan weens 'n harde val niks daarvan onthou nie, maar kry nagmerries en ervaar nou 'n vrees vir perde. Vir die Aprilskoolvakansie kom haar niggie Colette en twee vriendinne, Charni en Ateeya, plaas toe saam met hulle perde om te oefen vir 'n groot kompetisie. Colette se jonger broer, Hein, en Andrew, die seun van Solitaire se veearts, voltooi die jong groep. Nell se oupa het pas 'n palomino-ponie op 'n veiling gekoop, en dié sorg vir 'n hele intrige. Ten slotte is die groep jong mense deel van 'n verfilming wat plaasvind in die aanliggende natuurreservaat; dis vir 'n TV-program oor navorsing oor Kaapse luiperds. Daar is 'n dramatiese luiperdaanval, en Nell kan uiteindelik die legkaartstukke pas van wat met Charlie se dood gebeur het.

Author Marga Jonker

View full details