Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780624062738 | Published: April 1, 2014 | Paperback

Rooiland

Rooiland

Regular price R 310
Regular price R 0 Sale price R 310
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

'n Tronksel. Vier gevangenes. 'n Vloeibare, ongevormde wêreld. 'n Ritueel van bloed en offergawes. 'n Alledaagse voorval van tronkgeweld wolk uit tot 'n konflik oor dinge wat van universele belang is. Die titel verwys na 'n bees wat deel van Suid-Afrikaanse tronkmitologie geword het. Soos een karakter, Adidas, verduidelik: “Hulle't 'n bees gesteel by die wit man Rabie. Die bees se naam was Rooiland. Hulle't vir Rooiland geslag en feesgevier. Hulle drink uit die horings: Kilikijan die bloed, Nongoloza die gal. Toe maak hulle 'n print van die wet op die vel. Op die vel van Rooiland. Daai's die wet. En daai wet het even survive die dag toe die hemel en die aarde geskeur het - toe Kilikijan die klipwette stukkend gegooi het en die 27's een pad geloop het en die 28's 'n ander pad.” Tertius Kapp het met sy debuut as dramaturg reeds die magiese formule vir aangrypende teater baasgeraak.

Author Tertius Kapp

View full details