Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780624063865 | Published: August 1, 2014 |

Nuwe hoop vir ADHD by kinders en volwassenes

Nuwe hoop vir ADHD by kinders en volwassenes

Regular price R 250
Regular price Sale price R 250
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Helena Bester, Suid-Afrika se voorste kenner van ADHD, vertel met groot meelewing die suksesverhale van sommige van die duisende ADHD-lyers wat reeds haar pad gekruis het. Haar leesbare en omvattende gids bevat die jongste inligting oor ADHD by kinders en volwassenes. In 'n geselstrant, toegelig met onderhoudende gevallestudies, vertel sy van die jongste behandelingsmetodes, van fisieke terapiee tot ontspanningstegnieke, dieetaanpassings en nuwe medikasie. Een van talle nuwe behandelings wat sy in diepte bespreek, is neuroterugvoer-terapie. Dit word vir alle vorms van ADHD ingespan, en word ook met welslae gebruik vir angs, slaaploosheid, depressie, epilepsie, breinbeserings, outisme en verslawing. Die skrywer verskaf ook leiding oor hoe om ADHD-leerders in die klaskamer te hanteer en hoe om die onderwysdepartement te hanteer. Helena Bester is sowel ingelig as gerusstellend. Haar omvattende, gesaghebbende gids gee lesers moed en kennis sodat aandagafleibaarheid tuis en in die klaskamer met vertroue aangepak kan word. Die toon is warm en menslik, maar tog bevat die boek die jongste navorsing en beskryf dit verskeie behandelingsopsies. Ook verkrygbaar in Engels as New hope for ADHD in children and adults.

Author Helena Bester

View full details