ISBN: 9780624063957 | Published: June 1, 2017 |
Die jaar toe Emma begin kook het
Die jaar toe Emma begin kook het
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Sjef Emma probeer om haar vurige humeur te beteuel, maar ná die bruilof-fiasko met die hoenderpastei in die Upingtonse somerhitte, verloor sy kop en gooi haar baas rakelings met 'n mes mis.
Haar reputasie is aan skerwe. Gelukkig kry Emma die kans om oor te begin op Hermanus by die Chantilly-restaurant. Sy pak haar serpversameling en haar boheemse rompe en vat die pad. Hoewel Chantilly baie werk kort, is Emma vasberade om nie weer woedend te word nie. Die personeel word haar nuwe familie, en sy raak betrokke in allerhande gekonkel op dié kusdorpie met die kriminele element. As dit nie gangsters is nie, dan is dit oud-recces en uitbuiter-oupas met krawatte . . .
Net toe dinge op dreef kom, keer Chantilly se eienaar na die restaurant terug. Greg van Heerden mag dalk aantreklik wees met 'n sensuele stem, maar sy beneuktheid laat Emma se bloed kook. Wat skuil agter die man se nors geaardheid? En hoe gaan Emma dit met hom uithou en 'n sukses van haar nuwe werk maak?
Author Ilse de Korte
Share
