ISBN: 9780624064305 | Published: June 1, 2017 |
`n Fontein voor ons deur
`n Fontein voor ons deur
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
"Groot was my vreugde toe my uitgewer my die dag laat weet dat die voorloper van hierdie boek, Die hart van ons huis, tweede op die Suid-Afrikaanse topverkoperlys vir boeke in alle tale is. Net onder (heelwat onder, moet ek in alle beskeidenheid byvoeg) die internasionale treffer The Da Vinci Code. Maar terwyl ek nog wik en weeg of dit 'n geldige verskoning is om 'n bottel regte-egte Franse sjampanje oop te maak, sien ek dat dit die topverkoperlys vir fiksie is.
En Die hart van ons huis - soos 'n Fontein voor ons deur - is nie-fiksie. Of is dit?
Ek weet regtig nie op watse rak 'n Fontein voor ons deur hoort nie. As ek gedwing word om dit in een (erg onwetenskaplike) frase op te som, sal ek sê dis nog 'n lighartige relaas oor my onidilliese lewe in 'n idilliese landskap, 'n verdere poging om die Provensaalse legende van laventel en pastis te ondergrawe, 'n trekstorie met vele Franse kinkels. Anders gestel, liewe leser, Griet het lankal nie meer tyd om sprokies te skryf nie. Die 'regte' lewe het 'n veeleisende, uitputtende, immer verrassende, nimmer vervelige sage geword.
Besluit maar self op watter rak jy dáárvoor gaan soek!"
Author Marita van der Vyver
Share
