ISBN: 9780624067979 | Published: June 1, 2014 |
Wanneer passie blom
Wanneer passie blom
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Dís nou nie wat Janie in gedagte gehad het met haar bedelbriefies aan Kupido nie! Sy't dan so mooi gevra: Net 'n gewone man, seblief. Hy hoef glad nie so danig aantreklik te wees nie. Sy't nié gevra vir Ryno Bruwer nie: Gans en al te mooi vir 'n mens, ongeskik en seksisties daarby, en om alles te kroon die nuwe eienaar van háár familieplaas Bloemendal, en dus in staat om haar en Thea uit hul blomwinkeltjie op die plaas te skop! The Daisy Chain is Janie se lewe, dít en haar orgideë - en nou moet hulle geepad van die plaas af en sal hulle nooit weer 'n bekostigbare perseel vind nie.
Author Madelie Human
Share
