Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780624068303 | Published: April 1, 2014 |

Brigadier en die raaiselponie

Brigadier en die raaiselponie

Regular price R 160
Regular price Sale price R 160
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Zahn se ouers is geskei toe sy en haar suster nog klein was, en haar pa het onlangs weer by hulle doen en late betrokke geraak. Hulle gaan vir die skoolvakansie kuier op 'n vakansieplaas in die Harkerville-woud, naby Plettenbergbaai, sodat hulle haar pa en sy nuwe vriendin, 'n juweliersware-ontwerper, beter kan leer ken.
Die huis is spesiaal so gekies dat Zahn se perd, Brigadier, kon saamkom: Daar is stalle en ander perde en roetes vir uitritte in die bos in die omgewing. Sommer gou ontmoet Zahn twee plaaslike seuns wat haar saamnooi op 'n uitrit. Maar die oggend van die uitrit is dit mistig en reenerig, en Brigadier, wat die ooptes van Melkbosstrand gewoond is, is onrustig.
Verder spook Sibella, die holistiese geneser wat in 'n kothuis op die plaas bly, se sydelingse opmerking oor naglopers ook nog by Zahn. Dit word 'n vakansie waarin geheime uitkom, raaisels opgelos word en 'n uitgebreide laslapgesin mekaar weer probeer vind.

Author Marga Jonker

View full details