Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780624069652 | Published: July 1, 2015 |

Konstante Revolusie

Konstante Revolusie

Regular price R 385
Regular price Sale price R 385
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Die geskiedenis van Naspers en Media24 saamgevat. Naspers is een van 'n handjievol maatskappye uit Afrika wat binne 'n eeu gegroei het tot 'n globale mededinger - en dit boonop op die gebied van tegnologie. Dié versameling essays, deur groot geeste in die Suid-Afrikaanse mediawêreld, gaan oor die boustene van die grootste mediamaatskappy op die kontinent. Dit is 'n onderneming wat tendense vroeg identifiseer, dit aanpas vir die markte waarin hy bedrywig is en dit benut tot groot voordeel van die maatskappy, sy aandeelhouers en sy werknemers.

Professor Lizette Rabe was die eerste vrou wat aangestel is as redakteur van 'n Afrikaanse publikasie by Naspers, en ook die eerste vrou aan die hoof van die Universiteit van Stellenbosch se joernalistiekskool. Sy was redakteur van die vrouetydskrif Sarie van 1994 tot 2001 toe sy haar joernalistieke loopbaan van twintig jaar verruil het vir een in die akademie.
Rabe is outeur, mede-outeur of samesteller van verskeie boeke, lid van verskeie professionele verenigings, nasionaal en internasionaal, was raadslid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum en sameroeper en lid van verskeie beoordelaarspanele, onder meer vir Media24 en Vodacom.

Author Lizette Rabé

View full details