Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780624070184 | Published: September 1, 2014 |

Om Amelie se Tafel

Om Amelie se Tafel

Regular price R 100
Regular price R 0 Sale price R 100
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Amelie doen nie groepwerk nie. Sy doen nie motorbestuur nie, en sy doen ook nie mans wat vir haar lelies of juweliersware aandra nie. Ja, sy't 'n bietjie bagasie - en wie het nogal nie?

Maar wanneer spanbou-spesialis en bedryfsielkundige Chris op die prentjie verskyn, en boonop veroorsaak dat Amelie 'n ver ent pad moet ry om sowaar in simpel groepies te gaan rondfoeter, word haar wêreld op sy kop gedraai. Die man sukkel met haar en weet nét watter knoppies om te druk.

Wanneer sy Chris leer ken en besef hy't 'n groot, luide familie - presies die soort wat sy so graag om 'n gesellige etenstafel in haar eie tuin sou sien, die soort waaroor sy droom sedert haar ouers se ontydige dood - is haar kop aan die draai. Dit verg allerlei ompaaie, en harde werk van Chris se kant, om deur Amelie se bagasieknope te sny. Sal sy haar dinge kan laat staan en die familie wen waarna sy so smag? En dít voor Chris besluit sy's net té veel moeite?

Author Elsa Winckler

View full details