Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780624070214 | Published: October 1, 2014 |

Met die oog op liefde

Met die oog op liefde

Regular price R 100
Regular price R 0 Sale price R 100
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Jong dokter Naomi Harker doen aansoek om werk op 'n mobiele oogkliniek, en reeds tydens haar onderhoud is sy diep aangetrokke tot die trein se hoofspesialis, die uiters aantreklike Tony Baxter. Sy is verheug toe sy gekeur word, maar van meet af aan is daar wrywing op die oogtrein: Naomi se eks werk ook as spesialis daar, en sy jaloesie oor Naomi en Tony se goeie werksverhouding is duidelik te sien. En dan is daar die apteker, wat weer een van Tony se ekse is . . . Alles kan egter nog gaan tot hulle Louis Trichardt bereik. Daar verleen Tony en Naomi hulp aan 'n vlugteling-gesin van Zimbabwe, en die gevaar van dié middernagtelike avonture vorm 'n hegte band tussen hulle twee, wat verdiep wanneer die trein se mense later by die Baxters se familieplaas uitspan. Naomi bly egter huiwerig om haar ware gevoelens vir Tony te wys, want hoe kan 'n adonis soos hy werklik in so 'n doodgewone vrou belangstel? Sal die oogtrein se spore vir Naomi na ware liefde lei, of is daar net te veel duwweltjies in die pad?

View full details