Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780624070931 | Published: January 1, 2015 |

Reënboog in die sand

Reënboog in die sand

Regular price R 100
Regular price R 0 Sale price R 100
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Sanita het 'n geheim. Twee dekades gelede moes sy 'n baba afgee en 'n jeugliefde daarby. Maar sy't aanbeweeg, getrou en 'n seun, Hanko, bygekry en 'n lewe geskep saam met haar man. Hul gastehuis, Waaiwater, is haar lewe ná Markus se dood. Maar nou wil alles inmekaar tuimel: Develcor het groot planne vir Sanita se rustige kusdorpie en hul bouery gaan haar besigheid lelik knou. En watter Develcor-indoena is daarheen gestuur om met Sanita te onderhandel? Einste Fourie Burger wat sy destyds so onwillig moes agterlaat, einste Fourie wat nog al die jare niks weet van hul kind nie . . .

Nou is Fourie hier, in haar gastehuis, en hul tienerjare se vonke is nog geensins geblus nie. Maar hoe gaan die twee mekaar weer vind en verby die lang jare se verswyging kom, tussendeur die hele Develcor-drama, Hanko se weerbarstige-tiener-probleme en Fourie se skok oor die onverwagse nuus dat hy iewers 'n mondige seun het?

View full details