ISBN: 9780624071129 | Published: May 1, 2015 |
Eva se appel
Eva se appel
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Beeldhouer Leah Louw het nie tyd vir komplikasies in haar lewe nie. Sy is pas gekies om beelde vir 'n uitstalling oor Nelson Mandela se nalatenskap te maak en sal al haar energie daarop moet fokus. Maar wanneer Leah en haar suster, Mari, en die se kinders in 'n motorongeluk betrokke met die aantreklike buurman Hein Malherbe is, is niks meer eenvoudig nie.
Die beseerde Mari en haar kinders kom by Leah bly en Hein ontferm hom oor hulle almal. Terwyl Leah aan haar beelde moet werk, kan sy Hein nie uit haar kop kry nie. Die intelligente, sensitiewe hande van haar argitek-buurman is die ideale model vir haar volgende beeld ... tog is dit nie die enigste rede waarom haar gedagtes vol is van hom nie. Sy is sowaar verlief!
Maar Mari blyk ook haar oog op Hein te hê. Hoe kan Leah haar suster, 'n enkelma met twee kinders, van 'n kans op geluk ontneem? Maak nie saak wat sy voel nie; Hein is beslis verbode. Buitendien, by watter suster lê hy nou eintlik aan?
Author Jacolet van den Berg
Share
