Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780624071150 | Published: May 1, 2015 |

Donna en die droomman

Donna en die droomman

Regular price R 100
Regular price Sale price R 100
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Donna Ferguson, kreatiewe direktrise van Buitenkant Produksies, is 'n eenkantmens en 'n realis. Maar wanneer Donna by 'n kunsuitstalling oogkontak maak met 'n wildvreemdeling wat ruwe manlikheid uitstraal, doen sy iets wat glad nie in haar aard is nie. Sy laat hom sowaar toe om haar in die galery se tuin te soen. Trouens, sy soen net so vurig terug. Sy ken nie eens die man se naam nie, maar een ding weet sy: dat hy haar droomman is.
Donna dink sy sal hom nooit weer sien nie, maar dan daag hy by haar voordeur op ... saam met haar suster, Karen. Donna se droomman en Karen se nuwe liefde, veearts Pieter Visser, blyk een en dieselfde mens te wees.
Dit lyk asof Donna weer iets kosbaars aan Karen moet afstaan omdat sy mos blonder en jonger is - maar veral omdat haar kleinsus siek is. Al is die aantrekkingskrag tussen Donna en Pieter hoe sterk, kan sy nie haar verliefde suster se swak hart waag nie. Donna sal van Pieter af moet wegbly, maar dit voel asof haar eie hart by die gedagte wil faal.

View full details