Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780624072799 | Published: May 1, 2015 |

Ena Murray Keur 5

Ena Murray Keur 5

Author:Ena Murray
Author:Omnibus
Regular price R 255
Regular price Sale price R 255
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Die kluisenaar van Abendruhe
Sluiers van die nag
Junior in saal 7

In Die kluisenaar van Abendruhe moet Thero van Zyl, die beeldskone sosiale vlinder met 'n geheimsinnige kwaal, teen wil en dank met haar rooi sportmotor die pad vat na die eksentrieke kluisenaarsdokter, Emile Fraser, se hospitaal in die Drakensberge: Abendruhe. Dit word vir Thero nog 'n speelveld om in rond te dartel en van haar hart weg te vlug, maar Emile duld nie speletjies nie . . .

In Sluiers van die nag sluit dokter Ralph Weideman 'n bitter verlede vir Maryke Linde oop. Sy wend haar tot die wildvreemde professor Paul de Vries, en intuïtief kom hy tot haar redding. Maar is hul maskerade oortuigend genoeg om te keer dat Maryke haar laaste waardevolle besitting verloor?

En in die speelse verhaal Junior in saal 7 gee 'n wit leuentjie daartoe aanleiding dat almal dink leerlingverpleegster Louwrinda Kemp het 'n verhouding met haar uiters aantreklike nuwe professor in Verloskunde. Maar kort voor lank besef sy dat daar tóg waarheid in hierdie gerug mag steek.

Author Ena Murray

Author Omnibus

View full details