Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780624072829 | Published: June 1, 2017 |

Susanna M Lingua Gunstelinge 4

Susanna M Lingua Gunstelinge 4

Author:Omnibus
Regular price R 255
Regular price Sale price R 255
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Soos 'n silwer droom
Ver bo korale
Sag ruis die nagwind

In Soos 'n silwer droom, het Rina Verhoef pas haar onderwysstudie voltooi en vertrek op 'n reis na Lissabon. Rina het 'n wil van haar eie, maar dan ontmoet sy die markies Conzalo de Valcada, wat gewoond is aan absolute gehoorsaamheid en onderdanigheid. Kort voor lank begin die vonke spat.

In Ver bo korale, hoor dokter Elaine Enslin die ontstellende nuus dat haar pa verplig word om die familieplaas te verkoop - aan
Niel Durandt van alle mense! Sy kon die Durandts nog nooit verdra nie. En dan begin Niel boonop by haar aanlê . . . maar sy sal haar nie só maklik laat tem nie.

In Sag ruis die nagwind, besluit miljoenêrsdogter Alta van Eden om 'n verpleegster te word ná haar pa in 'n ernstige motorongeluk betrokke was. Wanneer sy oom Petrus Conradie op Saaiplaas gaan verpleeg, leer sy ook sy kinders ken - en dít is nie altyd aangenaam nie. En oom Petrus se testament bevat 'n eienaardige bepaling wat vir Alta baie pyn, maar ook uiteindelik ongekende vreugde meebring.

Author Susanna M Lingua

Author Omnibus

View full details