ISBN: 9780624073277 | Published: June 1, 2017 |
Pruimtwak en skaduboksers
Pruimtwak en skaduboksers
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Om sin te maak van die hele virtuele warboel in die 21ste eeu moet 'n mens hoog en laag soek. En dis presies wat die bekroonde digter en joernalis Danie Marais doen in Pruimtwak en skaduboksers - 'n onderhoudende versameling van rubrieke, essays, heildronke en nabetragtings wat met speelse erns en entoesiasme die verbande verken tussen boeke, die tydsgees, popkultuur en die verdwaasde gewone ou wat naweke in sy braaivleisvuur tuur. In hierdie stukke wonder Marais - soms sober, soms skertsend - wat geword het van rock 'n' roll, sy generasie X en randfigure soos Peter Blum. Alles en almal van Darth Vader, die Simpsons, Katy Perry, Bruce Springsteen, Fokofpolisiekar, die boeremusieklegende David de Lange en The Big Lebowski tot die agterryers van die Anglo-Boereoorlog praat saam in 'n bundel wat jou laat glimlag én dink.
Author Danie Marais
Share
