Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780624073697 | Published: May 1, 2015 |

Boer kry 'n vrou

Boer kry 'n vrou

Regular price R 230
Regular price R 0 Sale price R 230
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

WAARSKUWING : HIERDIE BOEK BEVAT GRAFIESE SEKSTONELE.

Hoekom sal 'n ou soos Juan van Wyk aan die TV-program Boer soek 'n vrou deelneem? Hy is nou wel nie getroud nie, maar dit beteken vir geen oomblik dat hy nie 'n vrou het nie. Om die waarheid te sê het hy omtrent elke vrou op die dorp presies net waar hy haar wil hê. Tussen die lakens. Volkome uitgelewer aan sy buitengewone lyflike vermoëns. Ja, daardie Bosveldplaas van hom ken die snak van 'n ekstatiese vrou.
Maar die ding is dat Juan nou al 'n ruk lank voel sy bedavonture moet rigting kry. En dalk help die TV-program. Dis in elk geval wat sy suster sê. En Marissa, die dominee se dogter, sê ook so. Dis dié dat hy nou wag dat die filmspan opdaag, want hy het tien meisies wat hom gaan help om agter te kom wat dit is wat hy wil hê. En dan lê sy lewe voor.
Nog nooit was Afrikaanse fiksie só warm nie. Nog nooit is daar so lekker op papier gevry nie.

View full details