Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780624080770 | Published: January 1, 2017 |

Satyn Omnibus 6

Satyn Omnibus 6

Regular price R 260
Regular price Sale price R 260
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Om minder lief te hê - Ettie Bierman
Margot en die meerman - Anita du Preez
Hartstog in Malawi - Lizet Engelbrecht

In Om minder lief te hê is Arabel ná net 'n jaar van getroude lewe van Henning geskei. Hy het padgegee en 'n pos as vlieënier by 'n Australiese lugredery aanvaar. Maar nou, ses jaar later, ontmoet hulle weer op 'n Hongkong-vlug. Hierdie keer is sy lugwaardin en hy haar kritiese bevelvoerder. En die aantrekkingskrag smeul nog net so sterk tussen hulle.

In Margot en die meerman gaan hou Margot vakansie in Zanzibar - stoksielalleen. Daar is niemand wat haar ken nie. En ook niemand om dit saam met haar te vier wanneer sy uitvind dat sy haar M.A. in Musikologie cum laude verwerf het nie. Dan verskyn Konrad op die toneel: diepseeduiker, eksoties, atleties. En jonger as sy.

En in Hartstog in Malawi word Rochelle deur haar baas gestuur om die enigmatiese Sir J.C. Auther op te spoor, voordat die publiek óf die pers besef dat hy in Malawi wegkruip. Maar vandat sy in Malawi land, ontspoor haar goeddeurdagte plan. Sy ontmoet ene kaptein Costa en die vonke spat onmiddellik.

View full details