ISBN: 9780624083337 | Published: August 1, 2017 | Paperback
Omdat jy jy is
Omdat jy jy is
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Kathleen en haar twee susters erf elkeen vyfmiljoen rand na hul geliefde tante Peet se afsterwe, mits hulle 'n vreemde bepaling nakom: Hulle moet elkeen eers 'n maand lank in ta' Peet se huis op Greyton gaan bly. In hul gejaagde lewens het nie een van die drie werklik hiervoor tyd nie, maar Kathleen stem in om eerste te gaan, want sy moet in elk geval aan 'n sakeplan vir haar aanlynonderneming werk. Sy het egter nie daarmee rekening gehou dat iemand die kothuis agter ta' Peet se huis sou huur nie. Beslis nie 'n aantreklike man met viooltjieblou oe nie. Sakekonsultant Steyn Erasmus se arm is in 'n hangverband en Kathleen ontferm haar oor hom. Maar wat tussen hulle broei, is veel meer as net goeie buurmanskap . . .
Author Elsa Winckler
Share
