ISBN: 9780624083436 | Published: November 2, 2017 |
Chirurg van harte
Chirurg van harte
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Dokter Hugo Massyn sluit aan by die span van Avianto Hospitaal. Dit blyk dat hy nie veel ooghare vir dokter Natasja Engelin het nie. Wat haar betref, kan hy maan toe vlieg. Altans eers nadat sy als wat sy kan by hom geleer het.
Natasja wil nie muisneste in haar kop ronddra terwyl sy spesialiseer nie, Sy sukkel egter om die beeld van Hugo, sopnat in die reën met die wit hemp wat elke spier op sy breë bors ten toon stel, uit haar geheue te verban. Wie is al die vrouens in Hugo se lewe ? Cassandra is 'n modepop en dokter Marina Botes het klaarblyklik groot waardering vir Hugo se gasvryheid, Boonop wil sy ma haar familie se nalatenskap ten alle koste beskerm, en Natasja se familiegeskiedenis is nie juis ideaal nie.
Author Susan Pienaar
Share
