ISBN: 9780624084631 | Published: March 20, 2018 |
Hartklop Omnibus 4
Hartklop Omnibus 4
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Dokter van ver - Malene Breytenbach
Dokter Draak - Rykie Roux
Yskoue, vuurwarm liefde - Madeleine Malherbe
In Dokter van ver ontmoet dokter Rafaella Continari die oorrompelende dokter Giulio di Mareneschi tydens sy besoek aan Suid-Afrika. Sy en haar ouers word dan ook sommer na sy familielandgoed op die Italiaanse platteland genooi. Tydens hul besoek ontmoet sy Giulio se sjarmante broer, asook die pragtige jong rykmanserfgenaam wat dink Giulio behoort aan háár.
In Yskoue, vuurwarm liefde vertrek Sandra Botes as skeepsdokter na Antarktika om weg te kom van iemand se onwelkome aandag. Sy ontmoet vir Brandon, die ekspedisieleier, en leer ken ook die aantreklike blondekop Konrad Malan. Nou wonder sy: Watter man laat nou eintlik haar hart vinniger klop?
In Dokter Draak kruis Livia Naudé se pad ná vier jaar weer dié van die broeiende Anton Duvel in die trauma-eenheid van 'n Pretoriase hospitaal. Hy het egter in die ongenaakbare Dokter Draak verander. Boonop stry Livia steeds teen die roepstem van die liefde in haar hart.
Share
