Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780624084754 | Published: June 8, 2018 |

Schalkie van Wyk Keur 15

Schalkie van Wyk Keur 15

Regular price R 340
Regular price R 0 Sale price R 340
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Om joune te wees
​Maryna se liefdeslied

Om joune te wees
Kayla se studies is afgeloop en sy keer bly terug na haar geliefde tant Annelize en hul huishoudster, ta Trynie, by Huis Kanferfoelie. Sy's egter nie die enigste nuwe aankomeling nie: Hul nuwe bure is 'n spul hippies met ongelooflik raserige motorfietse, en onder hulle is daar een met taankleurige oë soos 'n arend . . . Kayla en haar motortjie maak abrup kennis met Briand en sy fiets, en sy ontdek dat hy, nes haar ouers op hul beesplaas, in Brasilië werk en eintlik net by die bure kuier. Kayla se hart werk dadelik oortyd, maar sal Briand se oog nie eerder val op haar sexy blonde vriendin Sunette nie?Dan is dit die een drama ná die ander: Tant Annelize verseg dat Briand ooit sy voete in haar huis mag sit, want sy “weet” kwansuis hy sal Kayla se lewe verwoes; die huis aan hul ander kant van die hippies word betrek deur 'n immer-repeterende band; en Kayla leer boonop dat Briand nooit ooit wil trou nie. Kayla begin weens al die oorverdowende geraas glo iemand wil haar en haar tantes uit die huis verdryf. Het Briand nie dalk iets daarmee te doen nie? En watter tragiese geheime skuil in haar tante se liefdeslewe?

Maryna se liefdeslied
Waar jong verpleegster Maryna langs die pad vasgeval het met 'n stukkende waaierband, is die orige motorfietsman wat wil kom help die laaste ding waarvoor sy lus het. Teen haar beterwete laat sy tog toe dat Christiaan haar op sy motorfiets laai en haar uit die reënstorm help. By sy tuiste Neckershoogte gekom, moet sy ontdek dat sy deur die stormwaters vasgekeer is op die opstal, alleen met Christiaan. Maryna ken haarself nie so nie, maar sy's dadelik bakvissie oor dié mooie, sjarmante man.Maar dis net 'n oornag-vertoef op Neckershoogte, en die volgende dag gaan Maryna op vakansie. Of dit was die plan, maar Maryna se ma breek aan haar die nuus dat sy dadelik Durban toe moet gaan om haar moontlik seniele oupa se kaskenades te gaan vasvat. Bitter onwillig vat sy die pad - maar niemand anders nie as Christiaan vind sy in Durban, besig om te veg vir sy erfreg. Haar oupa se sports met die slinkse weduwee is skynbaar hulle albei se probleem, en Maryna sién al hoe dit enige verhouding tussen hulle twee in die kiem kan smoor . . .

View full details