Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780624085010 | Published: February 15, 2018 |

Tweede kans op liefde

Tweede kans op liefde

Regular price R 130
Regular price R 0 Sale price R 130
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Mynhard Malan erf die plaas Koppie-alleen by sy vervreemde pa. Terwyl hy tydelik op 'n nabygeleë kleinhoewe tuisgaan, word sy voete letterlik en figuurlik onder hom uitgeslaan deur sy misterieuse buurvrou.
Wat beteken die woelinge binne-in hom wanneer hy aan Tessa Verwey dink? 'n Tartende duiwel op sy skouer wil vir Mynhard wysmaak dis iets anders as goeie maniere wat hom na haar toe dwing.
Tessa wil egter nie nóg 'n aantreklike man naby haar toelaat nie. Hoekom is sy so kil en afsydig, en wat weet sy omtrent Charlotte Basson se dood?
Mynhard sal iets aan sy muisneste moet doen. Dalk moet hy haar liefs vermy en hom by die plaaswerk bepaal voordat hy té betrokke raak by haar probleme. Boonop het hy 'n groot uitdaging op hande toe die beeldskone en manipulerende Yvette Minnaar opdaag.

View full details