Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780624085201 | Published: March 30, 2020 | Paperback

1 Recce Agter vyandelike linies Volume 2

1 Recce Agter vyandelike linies Volume 2

Regular price R 350
Regular price R 0 Sale price R 350
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Daar was hewige vuurgevegte, oorwinnings, maar ook verliese . . .

1 Recce, Agter vyandelike linies, neem die leser tot in die Recces se “binnekamer”. In hul eie woorde vertel Recce-operateurs van die lewensgevaarlike operasies wat hulle onder groot geheimhouding in die laat 1970's in Angola en Rhodesië uitgevoer het.

Die leser sien die operateurs sweet in die vliegtuig of duikboot en beleef die gevaar wanneer hulle in die nagdonker riviere met krokodille trotseer. Die spanning en adrenalien loop hoog wanneer die Recces springstof in 'n treintonnel diep in vyandelike gebied plaas of 'n groot brandstofbergingsplek in 'n Angolosese hawestad in 'n vlammehel omskep.

Dié wat daar was vertel van die spanning, afwagting, vrees, adrenalien, moegheid, dors en hartseer wat hulle beleef het, maar ook van die humoristiese momente en die vriendskapsbande wat gesmee is.

1 Recce, Agter vyandelike linies is Alexander Strachan, bekroonde skrywer en gewese Recce, se opvolgboek op sy topverkoper: 1 Recce, Die nag behoort aan ons.

View full details