ISBN: 9780624087038 | Published: February 11, 2019 | Paperback
Satyn Omnibus 8
Satyn Omnibus 8
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Anderkant die volmaan - Ettie Bierman
Bambi en die boef - Anita du Preez
Victoriavalle van liefde - Lizet Engelbrecht
Anderkant die volmaan - Ettie Bierman
Na sewe wonderlike jare is Nikka en Ruan van der Hoven se huweliksbootjie skielik op 'n stormsee vasgekeer: daar het 'n ander vrou in Ruan se lewe gekom. Hy verduidelik min en Nikka kan aanvoel hy vertel nie die volle waarheid nie, maar pleit by haar sy moet hom nie afskryf nie en hom vertrou. Sy erken sy het haar man soms afgeskeep, maar dis immers iets wat reggemaak kan word. Sy wéét Ruan het haar steeds lief. Tog wil hy van haar skei . . .
'n Egskeiding is onaanvaarbaar. Maar toe stap haar ou vriend Thys Vorster met sy groot voete tot diep binne-in haar hart. Moet sy vir Ruan wag? En wat dan van die lojale Thys met 'n hart groter as Tafelberg?
Bambi en die boef - Anita du Preez
Bambi le Roux kan kies en keur onder die manne. Maar sy moes nooit saam met daardie vent afgeneem geword het by die Met nie - nou loop allerlei stories oor haar by die werk en haar boyfriend, Bertus, is ontstoke . . . dit kry sy nou van haar vriendin 'n guns probeer doen!
Maar sjoe, die Met-man is eenvoudig onweer-staanbaar. Bambi weet nie mooi watter kant toe nie: dié gladde Louis, oor wie 'n mens gedurig onsmaaklike dinge in die pers lees, of die betroubare, blonde, saaierige ortodontis Bertus - ander meisies sou hul skoene agterna gooi vir dié welvarende man!
Wanneer dinge saam met Bertus lelik skeefloop, is Louis die enigste persoon wat kan help. Maar kan Bambi só 'n gladde karakter enigsins vertrou?
Victoriavalle van liefde - Lizet Engelbrecht
Dokter Emesia, wat pas haar eie praktyk gekoop het, maak teensinnig 'n belofte aan haar sterwende vriendin om vir drie maande as verpleegster by die Rhodes-Inn in Livingstone, Zambië te gaan werk. Emesia het egter haar eie plan: sy wil die Fransman, Rex, wat op haar elfde verjaarsdag aan haar belowe is, ontmoet en hopelik terugbring Suid-Afrika toe.
Wanneer sy in Livingstone kom, is dit egter nie Rex wat haar hart laat vinniger klop nie, maar Deon, sy buite-egtelike broer. Dit wil net lyk asof Deon aangetrokke is tot haar. Maar dan begin die vonke spat, want Rex probeer alles in sy vermoë om die hotel te verkoop en Deon, wat weer sy erfenis ten alle koste wil behou, glo vas Emesia konkel saam met Rex . . .
Share
