Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780624087601 | Published: November 1, 2019 | Paperback

Sindikaat

Sindikaat

Regular price R 255
Regular price R 0 Sale price R 255
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

SANLAM-PRYS VIR JEUGLEKTUUR 2019 - SILWER

Sindikaat  is  'n  avontuurverhaal  waarin  drie  vriende  se  lewens omvergegooi  word  wanneer  die  hoofkarakter,  Paul,  per  ongeluk  op onwettige  smokkelgoed  afkom.  Hulle  paaie  kruis  met  die  van  die Chinese mafia. Die verhaal begin in Bloemfontein, waarvandaan Paul en sy vriende saam met sy lyfwag, Bossie, deur drie Afrikalande 
reis om van die moorddadige Chinese bende te vlug. Tydens hul reis deur Zimbabwe,  Zambië  en  Namibië  word  hul  lewe  gereeld  bedreig.
Spannende  aksietonele  laat  die  adrenalien  behoorlik  pomp. Tussendeur al die aksie moet Paul, Karlien en Adriaan die uitdagings en probleme waarmee tieners daagliks worstel, oorkom. Seksualiteit, liefde, vriendskap en lojaliteit word op die manier by die aksie betrek in  hierdie  verhaal  waarin  die  goeie  die  bose  oorwin  en geregtigheid seëvier.

View full details