ISBN: 9780624087830 | Published: October 2, 2019 | Paperback
Nadraai
Nadraai
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
Rocco de Witt is 'n Kaapse argitek met die wêreld aan sy voete. Hy en sy pragtige Duitse verloofde lei 'n idilliese lewe van buitelugaktiwiteite en Europese skivakansies.
Maar dan maak 'n ou weermagvriend uit die bloute sy opwagting en Rocco se bestaan word op sy kop gekeer. Want wat presies het destyds in die Bosoorlog gebeur toe hy 'n jong luitenant was?
Hy is ernstig gewond tydens 'n operasie teen Swapo en het sy bewussyn verloor. Sedertdien kon hy nog nooit presies onthou wat die voorval voorafgegaan het nie...
Daardie herinneringe kom nou terug, met byna ondenkbare implikasies.
En op 'n dag laat die buurman van Rocco se wegvlugplekkie in die Tankwa-Karoo hom boonop weet dat vreemde dinge daar aan die gang is. Daar op die plaas Nadraai.
Author Jaco Kirsten
Share
