Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780624088660 | Published: September 9, 2019 | Paperback

Soekmekaar

Soekmekaar

Regular price R 350
Regular price R 0 Sale price R 350
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Soekmekaar is 'n stuk of vyftig stories waarin Dana Snyman besin oor enigiets van Donald Trump tot 'n veertigste skoolreünie.
Hy vertel van sy kennismaking met Eugène Terre'Blanche en van die Bogosi-gesin van Ventersdorp wat by hom op Jacobsbaai gewoon het.
Hy gesels met Jemina Meko oor Karel Schoeman se laaste dae.
Hy beskryf hoe mense oor grense na mekaar probeer uitreik.
Hoe ons mekaar soek en nie altyd vind nie.
Dana sê: “Ek voel nie meer geborge in my huis op Jacobsbaai nie. Miskien suig 'n huis se mure en dak jou verdriet en verwildering op nes 'n spons wat water opsuig. My huis treur saam met my. Oor Anette se weggaan. Oor ou sekerhede wat onsekerhede geword het. My huis soek lig. Ek soek lig. Ek moet die binneland in.”
Menslik, roerend, hartseer én snaaks, soos net Dana Snyman kan.

Author Dana Snyman

View full details