Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780624090618 | Published: April 16, 2018 | Soft Cover

Die Dao van Daan van der Walt (49)

Die Dao van Daan van der Walt (49)

Author:ZZZ
Author:RAPPORT100
Regular price R 89
Regular price R 380 Sale price R 89
Sale Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

RAPPORT TOP 100 - NOMMER 49

Daan, Latyn-kwoterende Kalahari-boer, langslewende eggenoot van Magrieta en pa van Jan-Willem, sit op 'n wankelrige stoel in 'n heidense tempel in China en skryf sy Historia (oftewel confessiones). Hoe dit gekom het dat die stoere NG kerkman snags op 'n klipharde bed in 'n koue sel slaap en bedags tai chi leer terwyl hy eintlik vir sy vervreemde seun in China kom kuier het, kom 'n mens agter soos sy belydenisse vorder. Op 67 staar Daan 'n krisis in die oë: “My kop is op die Smal Weg na die hemel, my voete op die Breë Dao na die verderf en ek, my balans kwyt, is êrens tussenin”. Op sy hardekwas en dikwels skreeusnaakse manier ondersoek hy sy godsdiens en seksuele oriëntasie en leer die groot lewensles dat die sagte die harde oorwin. Die ongewone roman is onder andere 'n reis deur die mitologie en godsdienste van die ou beskawings, die Chinese en die Christendom.

Author Lodewyk G. du Plessis

Author ZZZ

Author RAPPORT100

View full details