Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780624091974 | Published: June 19, 2025 | Soft Cover

Die moord op Deveney Nel

Die moord op Deveney Nel

Regular price R 280
Regular price R 0 Sale price R 280
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Wanneer 'n stelsel faal, betaal kinders die hoogste prys.
In 'n pragtige plattelandse dorpie ontvou 'n ondenkbare tragedie: Die 16-jarige Deveney Nel se liggaam word op 7 Augustus 2024 in 'n skool- pakkamer ontdek. Agter hierdie gruwelike moord is 'n verhaal wat veel dieper strek as slegs 'n enkele daad van geweld.
Die ervare ondersoekende joernalis en topverkoperskrywer Julian Jansen volg die spoor van die beskuldigde, 'n 17-jarige seun met 'n geskiedenis van gewelddadige gedrag wat reeds jare tevore deur die krake van Suid-Afrika se regstelsel geglip het.
Dié boek dwing ons om moeilike vrae te vra: Wie dra die verantwoordelikheid wanneer waarskuwingstekens geïgnoreer word? Hoe beskerm ons ons kinders in 'n gebroke stelsel? En wat van Deveney, wie se stem nou vir ewig stil is?
Dis 'n noodsaaklike boek vir ons tyd wat ons dwing om in die spieël te kyk en te erken: Daar is bloed aan baie hande.

Author Julian Jansen

View full details