Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780624092216 | Published: November 2, 2025 |

Ruben Namibië en Cindy

Ruben Namibië en Cindy

Regular price R 250
Regular price R 0 Sale price R 250
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Plaas is plaas, sê mense graag, maar dis nie waar van Simmenau in die woestynland Namibië nie.
Op hierdie toweragtige plaas woon die boerseun Ruben Lambrechts, sy bobbejaansuster Cindy en 'n klomp weesdiere dolgelukkig saam.
Cindy is die oorspronklike weesdierkind en sy is baie beskermend teenoor mens en dier, maar waarom is sy ekstra lief vir die vlakvarke? Lees verder om die antwoord te kry en hoor ook hoe om 'n ystervarkie 'n drukkie te gee sonder om 'eina' te skree!
Hierdie boek beskryf Ruben en sy tweelingbroer Tertius se grootwordjare saam met al die weesdiere soos die saggeaarde meerkatte Minki en Jerry, die streepmuishond Zoey, wat gaste se tone byt, en die vlakvark Vlakkie wat tog so dol is oor maagkrappies.
Dit is propvol avonture én fassinerende dierefeite. Ruben se video's van sy dierefamilie lok deesdae milioene kykers op sosiale media.

View full details