ISBN: 9780624092322 | Published: January 24, 2022 | Soft Cover
Wit leuen
Wit leuen
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
“Tussen die stede lê die Commons, see van ellende, met enkele eilandjies hoop wat daarop dryf, dorpies van vryliede, vryhede, sterre
in Melkweg, ás jy hulle kan kry, as jy daar kan ín.”
Richter het 'n verlede, maar dis die hede wat hy ontglip. In die krake van dinge beweeg hy, systap hy die gesagte en die laspostenare, al
die bakhand tentakels van die unitêre staat, Uiopa. Toe hy mis trap, moet hy vlug. Saam met Margaret reis hy deur 'n nagmerrielandskap
'n bisarre avontuur in.
Neal werk by die Buro Regse Aksie, waar hy stories opmaak sodat die staat kan gryp, maar hy wil wegkom. Langs wilde weë probeer hy
vir homself en sy seun 'n beter lewe koop.
En vanuit 'n sekuriteitskompleks, tussen die woede en die wyn, skree Gehard uit teen die leuens. Niemand hoor hom nie, en self is hy doof
vir sy wanklinkendheid. Is dit omdat die geskiedenis by hom spook, of is dit uit vrees vir die toekoms wat hy voorspel.
Helikopters, duikbote, kindersoldate, ongediertes, mensvreters… Wit leuen wemel van onwerklikhede, afdraaipaaie, en verrassings.
Author Ruan Kemp
Share
