Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780624093237 | Published: August 26, 2025 | Soft Cover

Sekelmaan

Sekelmaan

Regular price R 360
Regular price R 0 Sale price R 360
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Een jaar na Gasa. Israel is geïsoleer deur wêreldopinie, terwyl Hamas in sy tonnels oorgehaal is vir 'n volgende aanslag. En in Johannesburg sit 'n verbitterde imam aan die spits van pogings om Hamas se jihad te befonds. Dis geen tyd vir 'n groep jong Suid-Afrikaanse Jode om wederregtelik by die Israeliese weermag aan te sluit nie.
Mossad se Saul Grossman is vir die eerste keer warm op die spoor van Hassan Al-Masri, die glibberige argitek van die Gasa-inval. In Riyadh konkel 'n ambisieuse Hamas-woorvoerder om die jong Suid-Afrikaners in 'n terreuraanval te teiken.
In die middel daarvan is Reuters-joernalis Ruby Heyns - in besit van verdoemende inligting wat die Midde-Oosterse magsbalans onherroeplik kan swaai.
Staatsekuriteit se Reuben Kruger tel die rimpels van dié internasionale onderstrominge op. Sy ondersoek na Ruby ontbloot ook die vermeende Mossad-verlede van haar ma, Ruth.
Wanneer Ruby oornag verdwyn, moet Reuben diep grawe - en sy eie loopbaan in gevaar stel - om haar spoor op te tel en 'n openbare onthoofding te keer. Voor sekelmaan, skuins voor dagbreek.

View full details