Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780624093596 | Published: May 25, 2023 | Soft Cover

Onder 'n bloedrooi hemel: Liefde en geweld in Suid- Afrika (80)

Onder 'n bloedrooi hemel: Liefde en geweld in Suid- Afrika (80)

Author:RAPPORT100
Regular price R 385
Regular price R 0 Sale price R 385
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

RAPPORT TOP 100 - NOMMER 80

Annamarie van Niekerk gaan brutaal eerlik om met vraagstukke waarmee ons daagliks worstel: plaasmoord, geweld teen vroue, skuld en onmag, aandadigheid en keuse.
Sy woon in Den Haag, maar keer terug Suid-Afrika toe vir die begrafnis van haar liewe vriend, Ruben, wat saam met sy ma in ʼn wrede plaasmoord vermoor is. Dié reis lei terug na ander reise: Van haar kinderjare in PE in ʼn streng Nasionale huishouding met ʼn Broederbondpa. Na Umtata, waar sy gaan klasgee en verlief raak op ʼn swart kollega. Na Hillbrow, waar die twee van hulle onwettig saamwoon en aktief is in skrywersirkels met vriende soos Nadine Gordimer en Njabulo Ndebele. Tot geweld ook hul verhouding binnedring. Uiteindelik na die tronk, waar sy Ruben se moordenaars gaan soek in haar strewe na verstaan.
Van Niekerk vervleg haar eie storie aangrypend met 'n verkenning van die groot kwessies in ons land. Onder ʼn bloedrooi hemel is ʼn diep ontroerende persoonlike reis, van geweld na genade, meesterlik vertel.

View full details