Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780624093879 | Published: October 6, 2023 | Paperback

Derick Hougaard

Derick Hougaard

Regular price R 275
Regular price R 0 Sale price R 275
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

'Dié seun is vir groot dinge bestem . . .' Só het sy afrigters by Boland Landbou sedert sy hoërskooldae geglo. Toe hy op die bloedjong ouderdom van 19 die Curriebeker vir die Blou Bulle verower én die skopkoning Naas Botha se eindstryd- punterekord verbeter, het dit gelyk of sy pad na roem en rykdom geplavei was. Maar toe begin die dobbelstene verkeerd val vir die liefling van Loftus. Harsingskudding, Kamp Staaldraad, beserings en toé 'n alles- verterende pilverslawing het hom laat steier. Sy sprokies-huwelik is verwoes en sy beroepslewe en geldsake is in 'n warboel gelaat . . . Dié boek onthul staaltjies oor sy rugbydae maar ook vriende en vertrouelinge se vergeefse pogings om Derick uit die kloue van verslawing los te wikkel. Dit is 'n diep menslike verhaal wat wys hoe dun die lyn tussen sukses en mislukking is en hoe maklik selfs die grootste helde tot op hul knieë gedwing kan word.

Author Brenden Nel

View full details