Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780624093947 | Published: April 21, 2023 | Paperback

Met my honde: 'n Suid-Afrikaner se vlug uit Oekraïne

Met my honde: 'n Suid-Afrikaner se vlug uit Oekraïne

Regular price R 295
Regular price R 0 Sale price R 295
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Toe die eerste bomme op Februarie 2022 Kijif aan flarde skiet, was Kobus Olivier gereed. Of so het hy gedink. Dié Suid-Afrikaner het vier jaar vroeër na die hoofstad van Oekraïne getrek ná hy verlief geraak het op die stad. Toe duisende Russiese troepe op die grens bymekaarkom, het hy egter gesien hier kom moeilikheid. Maar om te vlug was bloot nie 'n opsie nie - wat sou van sy vier geliefde honde word? In Met my honde word die verhaal van Kobus en sy vier brakke vertel. Die angswekkende nagte terwyl bomme om hul neerreën, die verhaal van onvoorwaardelike liefde tussen mens en dier, en hoe jy selfs tydens 'n oorlog soms op die hulp van vreemdelinge kan staatmaak.
“Elke liewe ontploffing hoor ek . . . Ek en die honde sit vas in my woonstel. Binne my weet ek, ek gaan een of ander tyd 'n plan moet maak om hier uit te kom. Anders gaan ek hiér doodgaan.”

View full details