ISBN: 9780624093985 | Published: August 11, 2023 | Paperback
Diensplig: Hoekom stotter ons pa's so?
Diensplig: Hoekom stotter ons pa's so?
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
Anelia Heese hervertel die rou en soms skokkende stories van Suid-Afrikaanse mans wat in die 1970's en 1980's verplig is om weermagdiens te doen. Sy gesels onder meer met die bekroonde joernalis Murray La Vita, die skrywer Deon Lambrecht, genl. Roland De Vries, en talle ander oor wat hulle destyds deurgemaak het. Die meeste dienspligtiges was eintlik maar nog seuns toe hulle gedwing is om aan te tree en hul hare onseremonieël afgeskeer is.
Hulle praat hier eerlik oor patrollies in die townships, die eerste “kontak”, die eerste keer toe iemand 'n makker verloor het, hoe sommige “terrie-ore” versamel het, en die interne stryd wat dikwels agterna gevolg het.
Anelia vra soms ongemaklike vrae om haarself en ander, veral jonger Suid-Afrikaners, te help sin maak van diensplig en die nadraai daarvan. Bowenal wie nou eintlik die vyand was, en wat dit beteken om jou land te dien . . .
Author Anelia Heese
Author ATKV2024wenner
Share
