ISBN: 9780624094135 | Published: November 7, 2024 |
Anderkant Pontenilo
Anderkant Pontenilo
Dispatch within 1–3 working days
Couldn't load pickup availability
Herdruk!
Boek 01
'n Nuwe uitgawe van die geliefde roman, wenner van die ATKV-Woordveertjieprys vir Liefdesromans in 2010.
Die Tweede Wêreldoorlog verdeel nie net die wêreld nie, maar ook gesinne. In die Fourie-huishouding staan Pa by Hertzog wat neutraal wil bly, Oupa by Smuts wat tot die oorlog toetree en die seuns by Malan wat die oorlog teestaan.
Binne hierdie milieu maak ons kennis met De Wet en Klara, Gerbrand en Christine - jongmense met drome en aspirasies wat elkeen op 'n unieke manier deur die oorlog beinvloed word.
En in 'n klein Italiaanse dorpie woon die beeldhouer Guiseppe Romanelli en sy seuns. Ook Don Veneto en sy pragtige dogter Gina. Die dorpsmense het van altyd af geweet dat sy en Antonio, Guiseppe se een seun, vir mekaar bestem was; die twee raak spoedig verloof.
Antonio word opgeroep om in Noord-Afrika te gaan veg, maar hy word 'n krygsgevangene en beland op die Fouries se Bosveldplaas in Suid-Afrika waar hy klipwerk doen. En hier ontmoet hy vir Klara, 'n meisie wat 'n vriend en geesgenoot word...
'n Eg menslike verhaal wat met insig en begrip uitbeeld dat oorlog almal raak. En dat die brue wat ons bou soms 'n opdraand pad aan die anderkant het.
Author Irma Joubert
Author Pontenilo - Trilogie
Share
